Helena Bester, een van Suid-Afrika se voorste kenners van ADHD, vertel met groot meelewing die suksesverhale van sommige van die duisende mense wat sy al kon help. In ‘n geselstrant, toegelig met gevallestudies, deel sy:
• die jongste inligting oor ADHD by kinders én volwassenes
• nuwe behandelingsmetodes, waaronder neuroterugvoer-terapie
• wenke vir ouers en onderwysers
• oefeninge wat daagliks gedoen kan word
• raad met die dieet
• die nuutste oor medikasie