‘n Dorp soos Silwer Streams

R260,87

’n Man struikel-stap deur ’n dorp se vervalle strate. Hy moet by die polisiekantoor uitkom. Hy het ’n paar ou tekkies aan, en hy het sy selfoon by hom. Hy het op ’n lyk afgekom. Silwer Streams is ’n dorp soos enige ander op die Suid-Afrikaanse platteland. Daar is ’n kerk en ’n kafee, ’n rolbalklub en twee townships, ’n polisieman en ’n koerantman, ’n oudonderwyser, ’n dowe sekretaresse en ’n gay kafee-assistent. En nou ook ’n lyk. Ja, natuurlik het die dorp ’n dominee ook, dis juis hy wat op die lyk afgekom het. Net langs die laagwaterbrug buite die dorp het hy die bleek gelaat onder die watervlak sien roer. Was dit moord? Die dorp is in rep en roer. Hulle sê die lyk was dié van ’n onwettige immigrant. Die polisieman doen ondersoek; iemand bel die storie deur na die Sondagkoerant, almal se tonge klap. Almal behalwe die dominee s’n. Hý word nog stiller, nog meer teruggetrokke. Hy sal tot skryf moet kom, weet hy nou. Nou is daar nie meer verskonings nie. Nou is daar ’n lyk.

Authors

Language

Publisher

ISBN

9780624053118

Number Of Pages

336

File Size

0.86 mb

Format

EPUB

Edition

1

Published

01-09-2011