Digby Grootgewaag is die verhaal van drie susters se liefdes en ook hul leed. Bettina leef geïsoleerd op die plaas, daar is die baie jong Carola, en dan kom hul beeldskone suster Zia ook huis toe. ’n Verhaal van offervaardigheid en ootmoed. In Kronkelpad na Vergenoeg besoek die internasionale konsertpianis Tessa haar mense op die plaas. Sy word deur onvoorsiene omstandighede baie diep in hierdie kring ingetrek en tot ’n keuse gedwing. In Sonder Winter is dr. Karen Marais ’n vrou wat liefde verloor het en dan, een skrikwekkende middag, die kans kry om dit te herwin. Hierdie drietal boeiende verhale speel in die Riemland in die Oos-Vrystaat af en is vol menslike deernis, verrassings en romanse.
Helene de Kock Omnibus 8
R221,74
Authors | |
---|---|
Language | |
Copyright | |
Publisher | |
ISBN | 9780798157896 |
Number Of Pages | 416 |
File Size | 1.18 mb |
Format | EPUB |
Edition | 1 |
Published | 30-09-2006 |