Goree

R182,61

Goree word gesien as Small se mees persoonlike letterkundige werk; hy het dit self beskryf as ’n gefiksionaliseerde outobiografie. Die titel van die teks is ook die naam van die gehuggie naby Robertson waar Small grootgeword het. Die drama gaan oor ’n bruin man wat ’n bom in ’n supermark geplant het en dan weens die terreurdaad verhoor en opgesluit word. Gedurende die verhoor en ook in sy tronksel tree hy deur middel van terugflitse in ’n voortdurende gesprek met die verlede, spesifiek met die sleutelmomente wat sy identiteit en sy verset bepaal het. Die klimaks van die drama is ’n gesprek – ’n konfrontasie – in die tronksel waaraan die aangehoudene, sy vrou en sy pa, sowel as die Afrikaanse bewaarder deelneem. Die klimaks wentel om die gewaarwording dat gevangene en bewaarder verdeel én saamgesnoer word deur dit wat hul onderskeie identiteite bepaal. Dit gaan hier om óns taal, óns kerk en óns grond. Dit is daarom só betekenisvol dat hierdie drama, wat aanvanklik in Engels geskryf is, nou in Afrikaans gepubliseer word. Die skrywer se verset teen sy onderwerping deur taalgenote word hierdeur die bevestiging van ’n grondliggende lojaliteit.

Authors

Language

Publisher

ISBN

9780624065432

Number Of Pages

96

File Size

0.42 mb

Format

EPUB

Edition

1

Published

20-09-2013