Daar heers vandag groeiende verskille in kerke se verkondiging van wat kerklewe behoort te wees, die grondbeginsels van die Christelike geloof en die wyses waarop God aanbid moet word. Te midde van verdere antagonisme jeens die kerk, mag die gelowige miskien begin wonder wat die kerk se rol nou eintlik is? Hoe leef ons in ’n gemeenskap van gelowiges waar die Woord van God sigbaar in ons lewens is? Volgens Mark Dever behoort ons ons tot die Woord van God te beroep om ons te lei in hierdie vrae. Hoe beter ons God verstaan, hoe beter is ons raamwerk vir kerklewe, geloof en aanbidding. Die kerk speel ’n essensiële rol in God se planne. Dit is die waarneembare gedeelte van Christelike teologie.
Die Kerk
R182,61
Authors | |
---|---|
Language | |
Copyright | |
Publisher | |
ISBN | 9780796316486 |
Number Of Pages | 206 |
File Size | 0.82 mb |
Format | EPUB |
Edition | 1 |
Published | 03-04-2013 |