’n Spook in die huis

R173,04

Die spook in sy huis kry alleenloper Paul nie verdryf nie, al probeer hy hoe hard om met ingewikkelde resepte sy dae om te bak. Sy lewe verander onomkeerbaar wanneer hy by ’n moord ingesleep word. Nou is sy lewe ook ’n koerantopskrif, nes dié wat hy elke nag bekook vir die Shrien Dewani-saak by die nuuskantoor waar hy werk.
Die skaduwêreld van sado-masochisme kom tydens die Dewani-ondersoek aan die lig: ’n wêreld goed bekend aan Div. Fisieke pyn is hoe hy vergeet van sy afgetakelde pa en sy junkie-broer. Wanneer die gedaante van die vermoorde Anni Dewani lewensgroot aan Div verskyn, besef hy dat dít wat by hom spook nie slegs metafories is nie.
Wat jaag ons, en wat maak ons vry? In ’n Spook in die huis, François Loots se sewende roman, word die kompleksiteite rondom ontvlugting en verlossing op boeiende en verrassende wyse verken.

Authors

Language

Publisher

ISBN

9781415210420

Number Of Pages

264

File Size

1.32 mb

Format

EPUB

Edition

1

Published

01-04-2019