Hierdie gids is deel van ’n nuwe reeks, Eerste veldgidse, en bied ’n fassinerende blik op die natuurlewe van die streek.
Met behulp van kleurfoto’s en -verspreidingskaarte asook maklik leesbare teks, sal die beginner- en ontluikende natuurkenner die meer algemene diere van suider-Afrika kan identifiseer, kan vasstel waar hulle voorkom, en meer te wete kom oor hul unieke gedrag en ongewone eienskappe.