Die dag van die Lord

R130,43

Lord Kitchener se Anglo-Boereoorlog het Andries Fourie se lewe verbrysel: hy was tien toe hy moes toekyk hoe die Kakies sy pa se pastorie afbrand en sy kleinboet om die lewe bring. Hierna het die konsentrasiekampe by Standerton en op Ceylon die lot van sy sussie en sy ouers bepaal.
Jare ná die Boereoorlog en aan die vooraand van die Eerste Wêreldoorlog het Andries vir Kitchener in sy visier. Andries is nou ’n jong regsgeleerde in Londen. In ’n wêreld van spioene en verskuilde agendas ontvou sy wraakplan wat hy geheim hou vir Jenny, die jong Skotse vrou op wie hy verlief raak.
Van die verbrande aarde by Bethal en Irene tot in Duitsland, die sensorkantore in Whitehall en Windermere ontknoop ’n verhaal deels gebaseer op ware gebeure wat die geskiedenis onherroeplik kon verander het.

Authors

Language

Publisher

ISBN

9781415206447

Number Of Pages

304

File Size

0.67 mb

Format

EPUB

Edition

1

Published

01-07-2015