Die Vernuftige Verkleurmannetjie

R43,48

’n Pragtige, boeiende verhaal, in rymende versvorm geskryf,
wat oor die avonture van ’n tuinverkleurmannetjie handel. ’n
Volle bladsy met plakkers spoor die jong leser aan om aktief
aan die storie deel te neem!
Die illustrasies is gedoen deur Clair Norden, ’n ywerige
kinderboek-illustreerder. Haar helder, aanloklike, spelerige
illustrasies stimuleer die verbeelding en boei haar lesers.
Die teks verskaf insig tot die werklike kenmerke en
gewoontes van die algemene dwergverkleurmannetjie, maar
lees soos ’n avontuurverhaal en verskaf dramatiese elemente
van onverwagse gevaar, noue ontkomings, broeiende rampe
en, uiteindelik, oorwinning!
Dit is die tweede titel in Struik Nature se ‘Oorspronklike
Afrika-verhaal’-reeks, wat in die toekoms plaaslike klassieke
literatuur bestempel sal kan word. Hierdie verhaal sal by
kinders en hul ouers aanklank vind.

Authors

,

Language

Publisher

ISBN

9781775840862

Number Of Pages

28

File Size

18.73 mb

Format

EPUB

Edition

1

Published

18-10-2013