Mense van my asem

R152,17

In Mense van my asem vertel Steve Hofmeyr uiteindelik sy lewensverhaal, in kenmerkende trant: openhartig, humoristies en uitgesproke. Hy begelei ons op ’n fassinerende reis deur sy kinderjare, sy tyd in die weermag en sy loopbaan daarna, en staan kort-kort stil by die gebeurtenisse en mense wat ’n groot impak op hom gehad het. Alle aspekte van sy lewensgeskiedenis word blootgelê – sy onkonvensionele godsdienstige en politieke oortuigings, sy liefdesverhoudings en buite-egtelike kinders, ’n selfmoordpoging, sy huwelik en die ernstige operasies wat hy ondergaan het. Hierdie boek gee ’n boeiende – en soms skokkende – kykie in die lewe van dié omstrede kunstenaar en mens.

Authors

Language

Publisher

ISBN

9781770220966

Number Of Pages

425

File Size

3.57 mb

Format

EPUB

Published

05-11-2010