Joost en Amor

R152,17

Die gevierde Springbok-rugbyheld Joost van der Westhuizen en sy vrou, die sangeres Amor Vittone, was ’n glansryke paartjie wat die verbeelding van menige Suid-Afrikaner aangegryp het. Hulle het as hul land se eie “Posh en Becks” bekend gestaan en was geseënd met sukses, roem, ophemeling deur die publiek, en ’n oënskynlik gelukkige huwelik. Totdat ’n skokberig oor ’n seksvideo op die voorblad van ’n plaaslike Sondagkoerant verskyn het … In hierdie boek vertel Gavin Prins, die welbekende joernalis en ’n persoonlike vriend en vertroueling van die Van der Westhuizens, nou die storie agter die storie – die een wat nog nooit tevore gepubliseer is nie. Hierdie kragtige vertelling, wat dikwels skokkend maar uiteindelik opheffend is, is die ware verhaal agter die opspraakwekkende opskrifte wat Suid-Afrika se bekendste paartjie geteister het.

Authors

Language

Publisher

ISBN

9781770225992

Number Of Pages

225

File Size

2.10 mb

Format

PDF

Edition

1

Published

10-10-2013