Totale Aanslag

R160,87

Vir die grootste gedeelte van sy bewind is die Nasionale Party-regering gesteun en onderhou deur die direkte betrokkenheid van sy veiligheidsmagte. Vanuit die gevreesde geledere van die Veiligheidspolisie, die sinistere Burgerlike Samewerkingsburo, die alombekende BOSS en die magdom frontmaatskappye wat gestig is om die wapenembargo en ekonomiese sanksies te omseil, is Suid-Afrika in die grootste geheimhouding regeer. Dit was die regering se Totale Strategie teen die vyand se Totale Aanslag. Nou, vir die eerste keer, kan ondersoekjoernalis De Wet Potgieter lig werp op enkele van die kwellendste vrae oor hierdie tydperk, soos wat by PW Botha se finale kabinetsvergadering gebeur het, tot die sluipmoord op Olof Palme. Hierdie en baie ander van die destydse verslaggewing bied ’n seldsame en boeiende blik op wat agter die skerms binne Suid-Afrika se veiligheidstrukture gebeur het tydens die apartheidsera.

Authors

Language

Publisher

ISBN

9781770222342

Number Of Pages

345

File Size

2.64 mb

Format

PDF

Edition

1

Published

05-04-2012